|
April 2013
REKENMEESTER
SUBMIT CV
Stikland
‘n Vooraanstaande vervaardiger van verpakkingsmateriaal beskik oor hierdie uitdagende geleentheid.
Die posbekleër sal rapporteer aan die Finansiële Bestuurder en verantwoordelik wees vir: ● debiteure en krediteure kontrole • die Rekeningkundige funksie tot balansstaat ● voltooiing van statutêre opgawes en rekonsiliasies ● kosteberekeninge ● voorraadbeheer.
Aanstelling verg ’n toepaslike tersiêre kwalifikasie in Rekeningkunde met voltooide klerkskap.
|
|
|
|
April 2013
QX BESTUURDER
SUBMIT CV
Ons kliënt in die landbousektor beskik oor die volgende vakature: (Prophet) QX – Bestuurder.
Die ideale kandidaat het ‘n finansiële- of bedryfsingenieurs-agtergrond en rapporteer aan die Finansiële Bestuurder. KPA's sluit in die: • Bestuur van Data Integriteit • Verseker doeltreffende werking van Stelsel • Tydige QX Probleemoplossing
Aandag aan detail, goeie kommunikasievaardighede en ‘n uitstekende onderbou in sagteware pakkette is noodsaaklik.
Blootstelling aan die uitvoermark van vars produkte is nie onderhandelbaar nie.
|
|
|
|
April 2013
PAKSTOORBESTUURDER
SUBMIT CV
Ceres
‘n Baie goeie loopbaangeleentheid is beskikbaar by hierdie pakstoor van ‘n gevestigde landbouonderneming in Prince Alfred’s Hamlet. Steenvrugte wat gelewer word aan internasionale en plaaslike markte word hier verpak.
Die posbekleër sal verantwoordelik wees vir die oorhoofse effektiewe bestuur van die paklyn. Dit sluit in: • bestuur van die sorterings- en verpakkingsproses • die beplanning en aankoop van pakmateriaal • bestuur van die menslike hulpbronnekomponent in pakstoor • kwaliteitbeheer • kontrole oor administrasie.
Die ideale kandidaat beskik oor toepaslike pakstoorondervinding met kennis van HACCP en GlobalGAP. Rekenaarvaardigheid met kennis van Excel word vereis. Goeie interpersoonlike vaardighede sowel as die vermoë om mense te motiveer en bestuur, is van kardinale belang.
|
|
|
|
April 2013
REKENMEESTER
SUBMIT CV
Durbanville
Ons kliënt, ‘n finansiele- en bestuursrekeningkundige praktyk benodig ‘n stelselgeoriënteerde en veelsydige persoon om verantwoordelikheid te aanvaar vir kliënte se totale rekeningkundige funksie.
Die posbekleër, wat aan die direkteure sal rapporteer, se sleutelprestasie-areas sluit die volgende in: • vaslegging van finansiële data • voltooiing van statutêre opgawes • debiteure- en krediteurekontrole • salaris- en loonadministrasie • maatskappysekretariële pligte.
Die ideale kandidaat beskik oor ’n BCompt-/BRek-graad met ’n voltooide SAICA/SAIPA leerkontrak of nagenoeg 5 jaar soortgelyke ondervinding. Goeie rekenaarvaardigheid met kennis van Microsoft Office en Pastel word vereis.
In ruil vir u kundigheid en toewyding, bied die onderneming aangename werksomstandighede en ’n mededingende vergoedingspakket.
|
|
|
Februarie 2013
ACCOUNTANT
SUBMIT CV
Cape Town (City Centre)
The accountant will report to the owner and will be responsible for the • full accounting function • financial control and analysis • general financial administration • compiling of management reports • Salary and wages administration • Statutory compliance • SARS returns (VAT, PAYE etc.)
The ideal candidate will have • A tertiary qualification in finance (degree) with completed SAIPA/ SAICA articles. • Proven Excel and Pastel experience • experience in a property portfolio management environment will enhance your application.
The preferred candidate will be living within close proximity of the Cape Town city centre or be willing to relocate.
Candidates who meet the criteria are welcome to forward an application and CV to Francois at: francois@casupport.co.za or fax: 086 504 7880
|
|
|
Februarie 2013
HOOF UITVOERENDE BEAMPTE
SUBMIT CV
Somerset Wes
Ons kliënt in die landbousektor bied hierdie uitdagende loopbaangeleentheid.
Die Hoof Uitvoerende Beampte is verantwoordelik vir die suksesvolle oorhoofse bestuur van die gevestigde en suksesvolle onderneming volgens beste praktyke. Hy beplan, lei, en koördineer die operasionele prosesse van die entiteit se belangrikste departemente en programme. Dit sluit in die Finansies, Bemarking, Produksie en Menslike Hulpbronbestuur.
Die ideale persoon vir die pos is ‘n visioenêr en beskik oor baie goeie algemene bestuursvaardighede en het ‘n gevoel vir besigheid.
Ondervinding in ‘n soortgelyke omgewing word vereis.
|
|
|
Februarie 2013
LYNBESTUURDER
SUBMIT CV
Robertson
‘n Gevestigde onderneming in Ashton met diverse aktiwiteite in die vrugtebedryf beskik oor die volgende geleentheid
Die posbekleër sal aan die Produksie Bestuurder rapporteer en verantwoordelik wees vir die: • ontvangs van vrugte • sortering en gradering van vrugte • beplanning van pakma-teriale • verspreiding van palette na koelkamers • handhawing van positiewe arbeidsverhoudinge • handhawing van HCCAP standaarde • administrasie m.b.t paklyne.
Die ideale kandidaat is ‘n toegewyde persoon wat oor die vermoë beskik om met mense te werk en effektief onder druk kan funksioneer. Kennis van Eurogap, ISO 9001 en HCCAP sal u aansoek versterk.
|
|
|
Januarie 2013
FINANSIëLE BESTUURDER
SUBMIT CV
Kaapstad middestad
‘n Gevestigde eiendomsonderneming het ‘n vakature vir ‘n Finansiele Bestuurder in die groep.
Die persoon wat ons soek moet grondige kennis hê van die oorhoofse finansiële bestuursfunksie, insluitend: ● finansiële verslagdoening ● verskaffing van bestuursinligting ● begrotingsbestuur. Die posbekleër sal saam met die eienaars verantwoordelik vir die voortgesette suksesvolle bestuur van die onderneming.
Blootstelling aan die opstel van kontrakte en goeie onderhandelingsvaardighede sal u aansoek versterk
|
|
|
Januarie 2013
REKENMEESTER
SUBMIT CV
Brackenfell
Ons kliënt, ‘n rekenmeesters en ouditeurspraktyk in Brackenfell beskik oor bogenoemde uitdagende loopbaangeleentheid. Die posisie rapporteer aan die kantoorbestuurder en vennote.
‘n Voltooide graad in rekeningkunde of huidige studies in Rekeningkunde is ‘n voorvereiste. ‘n Voltooide SAIPA / SAICA klerkskap sal u jou aansoek versterk, maar is nie noodsaaklik nie. Indien ‘n klerkskap nog nie voltooi is nie, kan dit afgeteken word na die nodige diensperiode.
Blootstelling aan Pastel en Caseware is ononderhandelbaar.
|
|
|
Januarie 2013
FINANSIëLE REKENMEESTER
SUBMIT CV
Paarl
’n Internasionale vrugtebemarkings- en logistieke maatskappy, benodig tans die dienste van ’n Finansiële Rekenmeester
Die suksesvolle kandidaat sal aan die Hoof- Uitvoerende Beampte rapporteer en vir alle finansiële funksies verantwoordelik wees wat die volgende insluit, maar nie daartoe beperk is nie: • alle rekenkundige funksies insluitend kontantvloei- en begrotingsbestuur • bestuur van die internasionale debiteureboek • betaling van alle skeepsvrag en logistieke koste • finalisering van uitbetalings aan produsente• hantering van buitelandse valutatransaksies.
’n Tersiêre finansiële kwalifikasie (B.Rek/FinRek of Bestuursrek), ’n voltooide leerlingskap en vyf jaar ervaring in ’n soortgelyke posisie word vereis.
Die ideale persoon is taak-/detailgeoriënteerd, beskik oor goeie interpersoonlike en organisasievaardighede en die vermoë om goed binne groepsverband te funksioneer.
|
|
|
Januarie 2013
PERSOONLIKE ASSISTENT
SUBMIT CV
Bellville
‘n Professionele en dinamiese persoon word benodig as assistent vir ‘n vooraanstaande sakeman.
Sleutelprestasie areas sluit in: • dagboekbeplanning •kantoorbestuur • nasionale en internasionale reis- en verblyfreëlings • rekeningkundige en administratiewe pligte.
Die ideale kandidaat vir hierdie pos beskik oor ’n toepaslike naskoolse kwalifikasie met uitstekende rekenaarvaardighede in MS Word, Excel en PowerPoint. Ons soek na ’n goedversorgde, professionele persoon met uitstekende interpersoonlike vaardighede. Die vermoë om druk te hanteer en bogemiddelde skryf- en taalvaardighede in Afrikaans en Engels is verdere vereistes.
In ruil vir u dienste en toewyding, bied die onderneming ’n mededingende vergoedingspakket.
|
|
|
Januarie 2013
REKENMEESTER
SUBMIT CV
Worcester
‘n Gevestigde onderneming met Hoofkantoor geleë in Worcester, het ‘n loopbaangeleentheid vir ‘n toepaslik gekwalifiseerde kandidaat.
Die persoon na wie ons soek, beskik oor ‘n tersiêre kwalifikasie in Rekeningkunde en ten minste ‘n voltooide SAICA leerkontrak.
Die vermoë om onafhanklik te werk dog goeie ondersteuning in spanverband te bied, word vereis.
|
|
|
Januarie 2013
Plaasvoorman
SUBMIT CV
Paarl
‘n Gevestigde wingerd en pruim boerdery benodig ‘n lojale en gemotiveerde persoon.
Die posbekleër sal hoofsaaklik verantwoordelik wees vir die bestuur van die werksmag.
Vereistes: ● Matriekkwalifikasie ● Nagenoeg drie jaar toepaslike ondervinding ● kennis van pruime ● kode B motorlisensie ● Tweetalig (Afr & Eng)
’n Onderhandelbare vergoedingspakket, wat behuising insluit, word gebied.
|
|
Januarie 2013
Leerlingrekenmeesters kontrakte: SAICA / SAIPA klerkskappe
SUBMIT CV
Wes-Kaap
Uitstekende geleenthede om indiensopleiding te ontvang om sodoende te registreer as CA/CPA.
Om te kwalifiseer vir die leerkontrak benodig jy ‘n toepaslike Rekeningkundige graad of studeer jy tans in die rigting.
|
|